On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Departement laat ons in die steek, sê ouers

───   12:32 Sat, 16 Jan 2021

Departement laat ons in die steek, sê ouers | News Article
Photo: Gallo

Ouers van Graad 1 en 8 leerders in Kimberley beskuldig die Departement van Onderwys daarvan dat dit hulle in die steek gelaat het.

Dit, nadat meer as 11 000 leerders nog nie by skole geplaas is nie. Volgens inligting sou kinders reeds in Desember geplaas wees, maar die aanlyn-stelsel wat die departement van stapel gestuur het, het volgens ouers nie voldoende gewerk nie.

Die departement se Geoffrey van der Merwe het intussen gevra dat ouers van leerders wat nog nie geplaas is nie, geduldig moet wees aangesien die departement alles moontlik doen om die vertraging aan te spreek.

Op die vraag oor presies hoeveel kinders reeds geplaas is en hoeveel nie, het Van der Merwe aangevoer dat die departement binnekort die syfers bekend sal maak, asook hul staat van gereedheid vir die 2021 akademiese jaar.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.