On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-man (63) weens drankverkope vasgetrek

───   15:05 Mon, 18 Jan 2021

NK-man (63) weens drankverkope vasgetrek | News Article

SAPD-lede van die Noord-Kaap het Sondag 'n wenk opgevolg en 'n 63-jarige man weens die onwettige handel van drank in hegtenis geneem.

Die verdagte het glo drank uit sy huis teen 'n verhoogde prys aan die publiek verkoop. Hy het nie 'n geldige dranklisensie om drank te verkoop nie. Daar is beslag op drank ter waarde van R4800 gelê. Intussen word misdaadvoorkoming in terme van die aangepaste Vlak 3 Covid-19-regulasies in Galeshewe, Kimberley, Groenpunt en Roodepan voortgesit.

In 'n afsonderlike voorval is 'n groep mense in Phuthanang in Galeshewe gevind waar hulle tuisgemaakte bier verkoop en gedrink het. Mense op die perseel het ook nie gesigmaskers gedra nie. Die eienaar is beboet en die bier is weggegooi. 

Die publiek is gewaarsku om nie tuisgemaakte drank te drink nie, aangesien dit gevaarlik kan wees.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.