On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

LUR kondig planne aan ná swaar reën

───   ELSABÉ RICHARD 15:44 Mon, 18 Jan 2021

LUR kondig planne aan ná swaar reën | News Article

Die Vrystaatse LUR vir Landbou, William Bulwane, sal na verwagting planne aankondig ná die onlangse oorstromings wat infrastruktuur op en buite plase in die provinsie vernietig het.

Die mediakonferensie vind Dinsdagoggend 10-uur aanlyn plaas. Die oorstromings het plase rondom Bultfontein en Hoopstad in die Lejweleputswa-distrik, rondom Vredefort in die Fezile Dabi-distrik, sowel as Kestell en Harrismith in die Thabo Mofutsanyana-distrik geraak. 

OFM-nuus het vroeër berig die departement se woordvoerder, Zimasa Leputla, het gesê die departement het 'n span van die Rampbestuurseenheid na alle betrokke gebiede gestuur om die omvang van die skade te bepaal. Leputla sê tot dusver dui voorlopige verslae aan dat paaie op plase ontoeganklik is.

Intussen gaan Vrystaat Landbou (VL) na verwagting Dinsdag met die plaaslike departement van Polisie, Paaie en Vervoer vergader. Dit kom nadat die organisasie ‘n brief aan die Departement gerig het en gevra het dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel. Jack Armour, bedryfsbestuurder van VL, sê boere het reeds begin om paaie van kritieke belang te herstel, maar sal finansiële en materiële ondersteuning nodig hê om verdere rampspoed af te weer.

Armour voeg by indien die situasie nie hanteer word nie, sal boere nie produkte kan vervoer nie en plaasbewoners soos pensioenarisse en skoolkinders nie toegang tot dienste kan kry nie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.