Central SA
#CoronavirusNC: Onderwysers wil tuis werk─── 17:15 Wed, 20 Jan 2021
Terwyl 18 onderwysers in die Noord-Kaap weens die koronavirus-pandemie gesterf het sedert die Covid-19-uitbraak in Maart 2020, het minstens 1 700 onderwysers reeds in 2020 aansoek gedoen om van die huis af te werk weens hul komorbiditeite.
Dié syfers is bekend gemaak deur die provinsiale bevelraad onder leiding van premier Zamani Saul.
Die premier het intussen gesê die provinsiale departement van onderwys is gereed vir die opening van skole, soos aangekondig deur president Cyril Ramaphosa.
Hy sê ingevolge die Vlak 3 Covid-19 inperking word werknemers versoek om hulle werkgewers in kennis te stel van onderliggende siektetoestande, wat werkgewers in staat sal stel om die nodige voorsorgmaatreëls te tref ten einde die werknemers te beskerm.
Saul sê onderwysers wat van die huis af werk, sal by die akademiese rooster moet hou, en dat hulle weeklikse hulppakette en huiswerk vir leerders sal moet voorberei.
OFM-nuus/Roderick Titus
