Central SA
Mynbedrywighede by Gamsberg-myn hervat─── 11:30 Thu, 21 Jan 2021
Mynbedrywighede by Vendata Zinc International se Gamsberg-myn naby Pella in die Noord-Kaap se Boesmanland is hervat nadat dit op 17 November 2020 gestaak is weens 'n grondstorting waarin tien mynwerkers vasgekeer was.
Agt werkers is met beserings uit die puin gered, terwyl een werker dood en die liggaam van 'n laaste werker steeds soek is.
Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het toesteming verleen dat werksaamhede by die myn se oostelike en westelike putte kan voortgaan, terwyl die soektog na die laaste werker steeds sal voortgaan.
Vendata Zinc International besit ook die Black Rock-myn in Aggeneys, en verskaf werk aan honderde inwoners van die Boesmanland- en Namakwa-streke in die provinsie.
In Maart 2020 het die Gamsberg-myn teen 'n koste van $400 miljoen met sy eerste fase van mynbedrywighede begin, en sal, volgens die myn, vir minstens nog 30 jaar bedrywig wees.
OFM-nuus/Roderick Titus
