Central SA
Twee van vuurwapendiefstal aangekla─── 17:09 Mon, 25 Jan 2021
Lede van die polisie by Kathu het vroeg Dinsdagoggend twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle in besit van ‘n vuurwapen betrap is.
Dié wapen is vermoedelik uit ‘n voertuig gesteel, volgens die polisie se Mashay Gamaldien.
Die verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, staan tereg op klagte van diefstal vanuit ‘n motorvoertuig.
Beslag is gelê op ‘n swart en silwer Taurus-pistool en elf rondes ammunisie, saam ter waarde van R12 500.
Die eienaar van die vuurwapen is ook van nalatigheid aangekla.
Die verdagtes sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
