Central SA
Onderwyser volgende maand terug in hof─── 14:26 Tue, 26 Jan 2021
Die 41-jarige Noord-Kaapse laerskoolonderwyser wat van die verkragting van 'n leerder beskuldig word, sal in aanhouding bly tot en met sy volgende verskyning.
Hy sal weer op 1 Februarie in die hof op aanklagte van seksuele misdrywe in Kimberley verskyn. Dit volg ná sy hofverskyning Maandag.
Die onderwyser word daarvan beskuldig dat hy 'n 13-jarige leerder herhaaldelik tussen September en Oktober verlede jaar verkrag het.
Die slagoffer is 'n leerder aan die skool waar die onderwyser gewerk het.
Die Valke se Mojalefa Senokoatsane sê die ondersoek duur voort.
OFM-nuus/Roderick Titus
