On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

Voormalige Aardklop-hoof, DA-raadslid vermis

───   12:31 Fri, 29 Jan 2021

Voormalige Aardklop-hoof, DA-raadslid vermis | News Article

‘n Voormalige hoof van die Aardklop Nasionale Kunstefees en Vrystaatse DA-raadslid, Andries Vrey, word vermis.

Die 43-jarige Vrey, wat in Parys in die Vrystaat woon, is laas op 23 Januarie in Umdloti, KwaZulu-Natal, gesien. 

Die organisasie South African Support Initiative (SASI) se Tania Opperman sê die laaste telefoniese kontak met hom was op 26 Januarie. Opperman sê hulle werk saam met die polisie om die vermiste Vrey op te spoor.

Volgens SASI het hy, die laaste keer wat hy gesien is, ‘n demin, T-hemp en tekkies gedra. Sy voertuig is laas in Umhlanga gesien. Hy ry ‘n silwerkleurige Mercedes Benz C200 met registrasienommer FCK762FS. 

Volgens Parys Gazette het Vrey 'n geweldige groot bydrae gelewer in Parys deur inwoners met diensleweringsprobleme te help.

Enige persoon met inligting, of wat moontlik weet waar Vrey hom bevind, word gevra om die Parys SAPD te skakel op (056) 816 2504 of (056) 816 2500.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.