On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Departement stel ondersoek in nadat voëls vrek

───   09:19 Sun, 31 Jan 2021

Departement stel ondersoek in nadat voëls vrek | News Article
Photo: OFM-nuus

Die Departement van Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sal ondersoek instel nadat 35 voëls by Kamfersdam in Kimberley gevrek het.

Kamfersdam is ‘n belangrike broeiplek vir flaminke. Daar word vermoed dat voëlbotulisme die oorsaak kan wees.

Die siekte is ‘n ernstige neuromuskulêre siekte wat by voëls voorkom as gevolg van gifstowwe.

Die departement se watermonsters is nou vir toetse geneem om die presiese oorsaak na te spoor.

LUR Mase Manopole sê ‘n span wetenskaplikes en veeartse is na die dam ontplooi om te help met die ondersoek.

Die LUR voeg verder by geen flaminke is onder die voels wat gevrek het nie, en waarsku inwoners om nie dooie voëls te eet nie.


OFM-nuus/Roderick Titus




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.