On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Rampbestuurspanne monitor situasie in Noord-Kaap

───   09:49 Sun, 31 Jan 2021

Rampbestuurspanne monitor situasie in Noord-Kaap | News Article

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in die Noord-Kaap, Bentley Vass, se rampbestuurspanne monitor die situasie in die provinsie - waar swaar reën die afgelope tyd ontwrigting veroorsaak het.

Dit het onder meer tot die sluiting van sekere paaie en oorstroming van woonhuise gelei.

Vass sê sy kantoor het die Namakwa-distrik sowel as die ZF Mgawu-streek besoek, waar titelaktes aan inwoners oorhandig is.

Hy sê munisipaliteite gaan voorts verantwoordelik wees vir die direkte uitreik van titelaktes aan inwoners, en het rade aangemoedig om te verseker dat mense op die regte wyse toegang tot eienaarskap van hulle persele kry.

Vass het laastens ‘n beroep op inwoners gedoen om nie munisipale eiendom sonder toestemming aan te koop of verkoop nie, asook om te verseker dat hulle aan Covid-19 wetgewing voldoen.

Dit sluit die dra van maskers in die publiek asook sosiale distansiëring en gereelde ontsmetting van hande in.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.