On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

NK Onderwysdepartement sukkel met plasings

───   07:20 Wed, 03 Feb 2021

NK Onderwysdepartement sukkel met plasings | News Article

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap sê dit is besig om plasingsaansoeke van leerders te finaliseer voor die aanvang van die 2021 akademiese jaar.

Die aankondiging volg nadat ontevrede ouers gekla het dat hulle kinders steeds nie in skole geplaas is nie, en dat die departement sy voete sleep terwyl die opening van skole nader kruip.

Departementele woordvoerder, Geoffrey van der Merwe, het intussen aangevoer dat 34 020 plasingsaanbiedinge gemaak is, waarvan 30 333 aanvaar was.

Hy voeg by die departement verwerk nou die uitstaande 3 687 aanbiedinge.

Hy sê die departement sal die aanvaarding en of weiering van die plasingsvoorstelle wat aan ouers gemaak gaan word, noukeurig monitor en ingryp waar nodig om te verseker dat kinders geplaas word.

Die departement sê dit doen alles moontlik om te verseker dat reëlings glad verloop in die aanloop tot die opening van skole op 15 Februarie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.