On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Oranjerivier se watervlakke styg

───   11:40 Wed, 03 Feb 2021

Oranjerivier se watervlakke styg | News Article

Tegniese spanne van die !Kheis munisipale gebied was laat gister nog besig met die verwydering van pompe langs die oewer van die Oranjerivier.

Dit, ná ‘n aankondiging deur die Departement van Waterwese se Amogeleng Moholoeng, dat watervlakke teen die naweek met meters kan styg.

Swaar reën het onlangs grootskaalse ontwrigting en oorstromings in die provinsie veroorsaak.

Dit het die departement genoodsaak om druk op damme, waaronder die Gariepdam in die Vrystaat asook die Boegoebergdam in die Noord-Kaap, te verlig deur hul sluise oop te maak. Moholoeng sê dit sal bydra tot 'n skerp styging in watervlakke.

Inwoners wat stroomaf langs die rivier woon, is gevra om infrastruktuur asook pompe en selfs lewende hawe van die oewers te verwyder.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Weerdiens nog reën vir groot dele van die land voorspel.

Die departement het inwoners gemaan om nie die sterkte van waterstrome te onderskat nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.