On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man vir verkragting gevonnis

───   11:43 Fri, 05 Feb 2021

Noord-Kaapse man vir verkragting gevonnis | News Article

Die 23-jarige Oliphant January is tot 40 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van twee minderjarige seuns - onderskeidelik 12 en 14 jaar oud - in Hannover.

Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder Masay Gamieldien het die voorval op 26 Maart 2017 plaasgevind toe die seuns by die verdagte - wat aan hulle bekend is - oorgeslaap het.

Een van die slagoffers het die polisie in kennis gestel, waarna January in hegtenis geneem is.

Hy is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding ná die staat suksesvol sy borgtogaansoek teengestaan het.

Hy sal 30 jaar gevangenisstraf uitdien voordat hy in aanmerking kom vir parool.

Sy naam sal ook in die register van seksuele oortreders opgeneem word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.