Central SA
#NCfloods: R31-pad gesluit─── 11:42 Sun, 07 Feb 2021

Die Noord-Kaapse Departement van Paaie en Openbare Werke lig hiermee alle motoriste in dat die R31-pad by die Danielskuil-afdraai gesluit bly.
Tot op hede het die departement die beoordeling voltooi en puin van die padoppervlak verwyder.
Chrystal Robertson, woordvoerder van dié departement, sê in samewerking met Agri-Noord-Kaap het boere ingestem om te help met die opberging van materiaal.
"Ons waarsku alle padgebruikers om by die sluiting van paaie te hou en die aanbevole alternatiewe roetes te gebruik. Enige persoon wat die waarskuwing hierbo ignoreer, sal dit op eie risiko doen. Die [departement] sal nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies aan eiendom of lewens nie," sê Robertson.
Bykomende materiaal is Saterdag afgelaai. Dit sal gebruik word om die beskadigde padoppervlak te kompakteer.
Padwerkers is hard besig om die beskadigde gedeeltes van die R31-pad naby die Danielskuil T-aansluiting te herstel.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete