Central SA
Damvlakke bly styg─── 08:19 Tue, 09 Feb 2021
Die vlak van damme binne die ingeïntegreerde Vaalrivierstelsel sal na verwagting in die komende dae bly styg.
Die Vaaldam is vir die eerste keer sedert 2018 meer as 100 persent vol. Die Departement van Waterwese sê dit beteken egter nie dat sluise oopgemaak sal word nie.
Die woordvoerder sê daar is nog sowat 20 persent kapasiteit in die dam voor dié stap nodig sal wees. Die Grootdraai- en Bloemhofdamme is ook meer as 100 persent vol, terwyl die Sterkfonteindam vroeër die week sowat 96 persent vol was.
SABC-nuus
