On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

'Boere moet sprinkane aanmeld'

───   17:34 Tue, 09 Feb 2021

'Boere moet sprinkane aanmeld'  | News Article
Foto: BBC

Die Departement van Landbou en Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê boere in die Noord-Kaap moet die departement in kennis stel van enige sprinkane op hulle plase.

Dit volg nadat swerms sprinkane die afgelope tyd in die provinsie opgemerk is. 

In die Dawid Kruiper munisipale gebied is swerms sprinkane die afgelope drie dae in die rigting van Rietfontein in die Kalahari aangemeld. 

Die departement sê boere moet die korrekte plaagdoders gebruik in 'n poging om voëls en ander wilde diere nie in die proses ook te vergiftig nie. 

Die swerms is kort ná onlangse swaar reën in die gebied gewaar.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.