Central SA
#NCfloods: Man, tiener het moontlik verdrink─── 08:32 Wed, 10 Feb 2021
Lede van Kimberley se soek- en reddingseenheid het die liggame van twee mense, wat moontlik verdrink het, uit 'n dam gehaal terwyl hulle besig is met noodlenigingswerk in die John Taolo Gaetsewe-streek waar swaar reën ontwrigting veroorsaak het.
Die liggaam van 'n 14-jarige seun is uit 'n dam by die Barkley-Wes Pniel gemeenskapsplaas gehaal, terwyl die liggaam van 'n 40-jarige man, wat deel was van 'n gesin van sewe wat met hulle donkiekar in die vloedwater vasgekeer was, ook gekry is.
Polisiewoordvoerder, Mashay Gamaldien, sê die bestuurder van 'n bakkie wat weggespoel het, is ook na veiligheid gebring terwyl die span se werksaamhede steeds voortduur.
Gamaldien vra dat inwoners nie die krag van water moet onderskat nie, aangesien dit kan lei tot verdrinking wanneer mense deur strome meegesleur word.
OFM-nuus/Roderick Titus
