Central SA
Dawid Kruiper-inwoners se skuld afgeskryf─── 09:48 Mon, 15 Feb 2021
Die woordvoerder vir die Dawid Kruiper-munisipaliteit, Patrick Williams, sê duisende in agterstallige verbruikerskuld gaan afgeskryf word.
Williams sê ná 'n raadsbesluit kan sukkelende huishoudings nou kwalifiseer om 50% van hulle algehele skuld afgeskryf te kry, mits hulle voldoen aan die vereisde reëls wat daarmee gepaardgaan.
Inwoners moet dus die helfte van hulle algehele skuld op 30 Junie vanjaar kan betaal, waarna die munisipaliteit die res sal afskryf.
Opkomende boere, kerke en nie-regeringsorganisasies kwalifiseer ook vir die afskryf van agterstallige skuld. Die munisipaliteit het op sosiale media gevra dat alle inwoners van die geleentheid gebruik maak.
OFM-nuus/Roderick Titus
