On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Lucas verwelkom leerlinge

───   09:51 Mon, 15 Feb 2021

Lucas verwelkom leerlinge | News Article
Adjunk-voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Sylvia Lucas/Foto: OFM-nuus

Die Adjunk-voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en voormalige Noord-Kaapse Premier - Sylvia Lucas - het skoliere in die rampgeteisterde provinsie alle sterkte toegewens met die nuwe akademiese jaar wat Maandag landwyd begin.

Lucas sê kinders keer in uitdagende omstandighede terug skool toe, terwyl die Covid-19 inperking se reëls steeds ten alle tye nagekom moet word. 

Sy sê die voorkoming van die verspreiding van die virus in skole moet geprioritiseer word. 

Lucas het gevra dat onderrigmateriaal besikbaar gestel word aan diegene wat weens oorstromings nie skool sal kan bywoon nie, om te verseker dat kinders tuis kan voortgaan met hulle skoolwerk.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.