On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

NK LUR besoek skole in Namakwaland

───   15:00 Mon, 15 Feb 2021

NK LUR besoek skole in Namakwaland | News Article

Die Noord-Kaapse LUR vir Landbou, Mase Manopole, het Maandag verskeie skole in Namakwaland besoek om die opening van skole in die provinsie te monitor.

Die opening van skole vir die 2021 akademiese jaar is uitgestel as gevolg van die Covid19-pandemie. 

'n OFM-korrespondent in die Noord-Kaap, Mia-Leigh Cloete, berig dat Manopole onder meer die Hoërskool Steinkopf besoek het. Sy het met onderwysers vergader om die skool se gereedheid, sowel as ander uitdagings wat hulle ondervind te bespreek. 

Manopole het onderwysers bedank vir hulle diens en opofferings omdat sy hulle saam met gesondheidsorg- en nooddienswerkers as werkers op die voorste linie beskou. 

Manopole het ook van die klaskamers besoek om onder meer die nakoming van Covid-regulasies te monitor. Sy het die leerders aangemoedig om die beste van hul skooljare te maak, om verder te studeer en kwalifikasies te verwerf wat hulle sal help om hul eie gemeenskappe te ontwikkel. 

Die LUR het ook die Ferdinand Brecher Primêre Skool in Steinkopf besoek. Die LUR het haar besoek afgesluit deur die skole te adviseer dat hierdie pandemie moontlik nog lank by ons kan wees en dat ons almal daarby moet aanpas om die voorspelde derde golf te oorleef.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.