On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

NK se SBL-verkiesings virtueel van stapel gestuur

───   08:22 Wed, 17 Feb 2021

NK se SBL-verkiesings virtueel van stapel gestuur | News Article

Die Premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, vergesel deur die LUR vir onderwys, Zolile Monakali, sal die 2021-verkiesings van skoolbeheerraadliggame (SBL) Woensdag virtueel van stapel stuur.

Dié verkiesings sal tussen 1 Maart en 30 April 2021 by skole plaasvind.

Die Premier doen 'n beroep op alle gemeenskapslede om die vergaderings by te woon en aan die SBL-verkiesings van 2021 deel te neem. Dit is 'n geleentheid vir ouers en lede van die gemeenskap om 'n verskil in hul skole te maak.

Die provinsiale bekendstelling van die negende reeks SBL-verkiesings vind  plaas en is geskeduleer vir Woensdag 17 Februarie 2021 om 12h00.

Lede van die publiek kan die direkte uitsending op alle gemeenskapsradiostasies en op die volgende Facebook-bladsye volg:

- Noord-Kaapse provinsiale regering

- Noord-Kaapse departement van onderwys.

Dit is 'n onbetwiste feit dat die SBL 'n deurslaggewende rol in die sukses van 'n skool speel. Skole met effektiewe en doeltreffende SBL-lede sal waarskynlik groter suksesse behaal as diegene met beperkte ouers- en gemeenskapsbetrokkenheid.

'n Skeppende en vindingryke SBL speel 'n fundamentele rol in die verskaffing van skaars hulpbronne vir onderwys. Hulle is baie instrumenteel in die stryd teen rassisme, seksisme, xenofobie en alle ander vorme van diskriminasie en onverdraagsaamheid.

Die Departement van Onderwys het skoolbeheerraadliggame nodig wat die kurrikulum sal ondersteun en die bestuur van skole sal versterk.

Daarbenewens moet die departement fokus op die verbetering van leerderprestasies deur skole te ondersteun in die ontwikkeling van strategieë om onderrig en leer te verbeter.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.