Central SA
Oorstromings rede vir watertoevoerprobleme in Kby─── 07:51 Mon, 22 Feb 2021
Die uitvoerende burgemeester van die Sol Plaatje Munisipaliteit, Patrick Mabilo, sê die Riverton-, sowel as die Newtown-reservoir se kapasiteit het drasties verander nadat die oorstromings van die Vaalrivier vroeër pompe beskadig het.
Hy het Sondag gepraat tydens 'n mediakonferensie rakende die waterprobleem wat die stad die afgelope twee weke ervaar.
Mabilo was vergesel deur die waarnemende direkteur vir infrastruktuur, asook die waarnemende ingenieur verantwoordelik vir water by die munisipaliteit.
Mabilo sê water sal egter steeds beperk word terwyl planne in plek gestel word om met die hulp van die Tesourie en die Ontwikkelingsbank die stad se verouderde infrastruktuur heeltemal te vervang.
Hy sê die kapasiteit van die Riverton-reservoir is tans 90% en dat hulle beïndruk is met die Newton-reservoir se vermoë.
Mabilo sê die munisipaliteit is bewus van gebiede wat sukkel met water en het daarom sewe vragmotors ingespan om water aan inwoners te voorsien.
OFM-nuus/Roderick Titus
