On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Twee NK-skole is tops in Wiskunde, Fisiese Wetenskap

───   07:55 Wed, 24 Feb 2021

Twee NK-skole is tops in Wiskunde, Fisiese Wetenskap | News Article

Hoërskool Diamantveld in Kimberley en Hoërskool Upington in die Noord-Kaap is aangewys as die twee skole wat die beste in Wiskunde en Fisiese Wetenskap in die provinsie gevaar het.

Die provinsie se uitslae is gister bekendgemaak. Premier Zamani Saul sê meer as 12 000 voltydse kandidate het vir die 2020 senior sertifikaat eksamen geregistreer, terwyl slegs 11 608 leerders die eksamen afgelê het.

Saul sê 7 665 van die leerders het geslaag. 

Hy het benadruk dat die Noord-Kaapse regering alle pogings moontlik aangewend het om leerders te ondersteun, asook om die slaagsyfer te verbeter. 

Intussen het die Namakwa-streek die beste in die provinsie gevaar, gevolg deur die ZF Mcgawu-streek, wat 4,4% minder as sy 2019-slaagsyfer van 71,3% gevorder het.

Hoërskool AJ Ferreira het, volgens die skoolhoof, 'n afname van 2% in vergelyking met 2019 aangeteken met 'n slaagsyfer van 64,91%, gevolg deur Saul Damon Tegniese Skool op 76% en Cartlon van Heerden op 80,2%.


OFM-nuus/Roderick Titus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.