On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-munisipale werkers staak

───   09:43 Wed, 24 Feb 2021

NK-munisipale werkers staak | News Article

Werkers verbonde aan die munisipale werkersvakbond Samwu by die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap, staak sedert die begin van die week en eis salarisverhogings en ander voordele.

Zakhele Baardman, tegniese adviseur van die onafhanklike munisipale vakbond, Imatu, sê meer as 100 werkers in die streek het by die staking aangesluit en het by die munisipale kantore in Colesberg bymekaar gekom. 

Samwu se Lungile Gerzana sê 'n raadsbesluit wat in 2015 geneem is om die munisipaliteit van 'n kategorie een munisipalitiet tot 'n kategorie twee munisipaliteit af te gradeer, is in hulle besit. Gerzana voeg by hoewel dit nooit geïmplimenteer is nie, moet salarisse - teruggedateer na 2015 - betaal word. 

Werkers het ook geen Covid-19 toelaes en persoonlike, beskermende toerusting ontvang nie, waarop hulle geregtig is, sê Gerzana. 

Die woordvoerder vir die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit, Siyabulela Phololo, sê intussen 'n byeenkoms tussen die belanghebbendes en die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) en dié vakbonde is gehou in 'n poging om die dooiepunt te besleg. 

Die bemiddelingsraad gaan volgens Phololo nou die situasie hanteer.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.