On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Solidariteit bekommerd oor afleggings by myn

───   07:23 Tue, 09 Mar 2021

Solidariteit bekommerd oor afleggings by myn | News Article
Photo: Gallo

Die vakbond Solidariteit sê die Kumba Iron Ore-myn in Kathu se plan om meer as 600 werknemers af te dank, ondanks die myn se winsaankondiging verlede jaar, wek kommer.

Riaan Visser, adjunk-hoofsekretaris van mynbou, landbou en chemiese nywerhede by Solidariteit, sê indien die myn voortgaan met hulle plan sal minstens 653 gesinne hieronder lei.

Die myn – ‘n filiaal van Anglo American - het Vrydag bevestig dat dit ‘n doelgerigte konsultasieproses met werkers wat moontlik deur die afleggings geraak gaan word, begin het.

Sinah Phochana van die myn sê hulle moes hul strategie implementeer om marges te verbeter, wat die lewensduur van die myn verleng asook die maatskapy in staat stel om kostebeheer toe te pas. 

Die maatskapy se aandele het Vrydag 8,24% opwaarts op R678,65 gesluit.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.