On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Vier Calvinia-skole gesluit ná 36 gevalle

───   11:28 Thu, 11 Mar 2021

#CoronavirusNC: Vier Calvinia-skole gesluit ná 36 gevalle | News Article

Vier skole in die Calvinia-omgewing in die Noord-Kaap is Woensdag gesluit nadat 36 gevalle van Covid-19 aangemeld is.

Na aanleiding van die advies van die Departement van Gesondheid, het die Departement van Onderwys besluit om die Hoërskool Hantam, Laerskool Hantam, Hoërskool Calvinia en Calvinia Primêre Skool voorkomend te sluit. 'n Totaal van 36 positiewe gevalle is tot dusver aangemeld, wat opvoeders, leerders en ondersteuningspersoneel by dié skole insluit.

Die Departement van Gesondheid sal 'n uitgebreide massatoetsing van die leerders, opvoeders en ondersteuningspersoneel van die vier skole moontlik maak.

Die departement het reeds gesondheidswerkers aan skole toegeken en is besig met toetse om die verdere verspreiding van die virus te beperk.

Die Hoërskool Calvinia het in 'n brief aan ouers gesê kinders met negatiewe toetsresultate sal van Maandag af weer kan terugkeer skool toe, maar ouers wat nié hulle kinders laat toets nie, kan die kinders eers ná tien dae terugstuur skool toe.

Onderwys sal 'n kurrikulum-inhaalplan opstel om die verlore tyd van onderrig in te haal, terwyl die betrokke skole ontsmet word. Die departement sal ook die situasie baie noukeurig dophou en ouers versoek om kalm te bly en alle leerders in isolasie te hou.  

Die departement beklemtoon dat die dra van maskers in die openbaar verpligtend is, dat sosiale afstand gehandhaaf moet word, daar gereeld ontsmet word en hande gewas moet word.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.