On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap kry nuwe skole

───   06:38 Fri, 12 Mar 2021

Noord-Kaap kry nuwe skole | News Article

Die Noord-Kaapse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Abraham Vosloo, het Woensdag die Noord-Kaapse provinsiale begroting ter tafel gelê en verskeie nuwe skole in al vyf die provinsie se streke aangekondig.

Die provinsie se algehele provinsiale begroting vir die volgende drie jaar (2021 - 2024) beloop R57,4 miljard, waarvan R1,2 miljard aangewend sal word om nuwe en vervangende skole in al vyf die provinsie se streke te bou. Sowat R68 miljoen hiervan sal aangewend word om onder meer die West End Laerskool, Vooruitsig Laerskool, Kimberley Boys High School en die nuwe Redirile-skool te voltooi.

'n Verdere R183 miljoen sal aangewend word om twee primêre en twee sekondêre skole in Kimberley te bou, wat weens 'n tekort aan klasse probleme begin ervaar namate mense na die stad stroom vir werksgeleenthede.

Die LUR het tydens die begrotingsrede aangevoer dat die uitwerking van die Covid-19 pandemie verwoestende gevolge vir die ekonomie inhou, en dat dit net reggestel kan word indien mense die plaaslike toerismebedryf ondersteun deur plaaslik te reis.

Die LUR sê  17 286 werkgewers en 138 988 werkers het gebaat by die Covid-19 TERS-fonds, wat sowat R566 miljoen beloop het.

Hy het verder inwoners van die provinsie gevra om eienaarskap te neem van die toeriste-aantreklikhede in die Noord-Kaap, ten einde instandhouding te verseker wat buitelandse toeriste na die provinsie sal lok.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.