On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Massatoetsveldtog vir Calvinia beplan

───   09:47 Sat, 13 Mar 2021

Massatoetsveldtog vir Calvinia beplan | News Article
Photo: Pixabay/Fernando Zhiminaicela

Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap sê dit gaan ‘n massatoetsveldtog in Calvinia van stapel stuur.

Dit volg na ‘n onlangse koronavirus (Covid-19) uitbraak, wat gelei het tot die sluiting van vier skole in die Hantam munisipale gebied.

Die Departement se Lehuma Ntuane sê kinders, onderwysers en algemene skoolpersoneel word getoets.

Intussen het die Departement bevestig dat leerders, ondersteuningspersoneel én onderwysers onder die 36 gevalle is wat aangemeld is.

Voortgesette monitering van die uitbraak word gedoen terwyl inwoners gevra is om hulleself teen die pandemie te beskerm deur alle Covid-19 voorsorgmaatreëls na te kom.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.