Central SA
Geboortes moet binne 30 dae geregistreer word: NK Binnelandse Sake─── 09:48 Sat, 13 Mar 2021
Die Departement van Binnelandse Sake sê alle nuwe geboortes tussen Februarie en Maart vanjaar moet binne dertig dae geregistreer word.
Die Departement se Samuel Plaatjies sê kinders se geboortes kan ook by die hospitale waar hulle gebore is geregistreer word.
Die Departement waarsku dat diegene wat nie hul kinders registreer nie die Wet op Geboorte- en Sterfteregistrasie oortree.
Die departement sal die volgende twee naweke hulle hospitaalkantore van 8;00 tot 15:00 beman om met die registrasie van nuwe geboortes te help.
OFM-nuus/Roderick Titus
