Central SA
Sol Plaatje-munisipaliteit wil emmerstelsel vervang─── 10:23 Sat, 13 Mar 2021
Die sukkelende Sol Plaatje-munisipaliteit sê dit sal, ondanks diensleweringsuitdagings, meer as 2 640 toilette installeer as deel van die munisipale toiletbouprojek.
Munisipale woordvoerder, Sello Matsie, sê die doel van die projek is om die emmerstelsel te vervang.
Matsie sê dele van die sanitasie-infrastruktuur dateer uit 1994, en het aansienlik verswak oor die jare.
Hy voeg by dele van Kutlwanong, Kagisho en Phomolong, asook ander gebiede, sal hierby baat.
Die eerste fase sal sowat 300 toilette lewer, en hierdie maand nog begin.
Matsie sê diensverskaffers is reeds aangestel.
OFM-nuus/Roderick Titus
