On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Upington-inwoners eis antwoorde

───   08:50 Fri, 19 Mar 2021

Upington-inwoners eis antwoorde | News Article

Inwoners van Upington dreig om die dorp onregeerbaar te maak indien die Dawid Kruiper-munisipaliteit nie gehoor gee aan hul diensleweringsvereistes nie.

Inwoners het vroeër vanoggend 'n memorandum aan die regerende ANC en die munisipaliteit oorhandig waarin hulle eis dat antwoorde oor die verkoop van munisipale eiendomme verskaf moet word. 

Hulle soek ook antwoorde rakende onvoltooide projekte waarvan kontrakteurs verdwyn het, maar groot bedrae geld na bewering van belastingbetalers ontvang is. Swak gesondheidsorg, by veral klinieke, gaan ook vandag uitgelig word, met 'n massa-optog wat na die Lunguletu en Sarah Strauss-klinieke onderneem word. Motoriste is gevra om die hoofpaaie na die gebiede te vermy terwyl die woordvoerder van die Dawid Kruiper-munisipaliteit, Patrick Williams, aanvoer dat hulle die memorandum gaan bestudeer voordat enige kommentaar gelewer gaan word. 

Die optog het 08:00 Vrydagoggend by die kliniek in Pabalelo begin, met die polisie se openbare orde eenheid wat die situasie monitor.  


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.