Central SA
NW-departement betaal miljoene terug─── 06:47 Tue, 23 Mar 2021
Die Departement van Menslike Nedersettings in Noordwes moes R100 miljoen, wat die Nasionale Tesourie vir behuising bewillig het, aan die Tesourie terugbetaal omdat hy dit nie gebruik het nie.
Die geld is intussen aan ander provinsies herverdeel. Dit volg ondanks ‘n reuse-tekort aan huisvesting in die provinsie.
Noordwes se LUR vir Finansies, Motlalepule Rosho, skryf die departement se versuim toe aan wat hy noem ‘n gebrek aan die vermoë om die geld behoorlik aan te wend.
Die departement moes onder meer ook in 2015, 2016 en 2017 geld teruggee omdat hulle dit nie bestee het nie.
SABC-nuus
