Central SA
11 vas vir dwelms in Noord-Kaap─── 15:23 Mon, 29 Mar 2021
Elf verdagtes is in die Noord-Kaap op klagtes van o.m dwelmhandel in hegtenis geneem.
Die arrestasies vorm deel van ‘n gesamentlike poging deur die SAPS, Noord- en Wes-Kaap Valke, sowel as die Springbok honde-eenheid en Upingtonse Intelegensie.
Daar is op dwelms, insluitend Tik en Mandrax tablette ter waarde van R3,3 miljoen, sowel as 5 sakke diamantdraende gruis, ‘n onbekende bedrag kontant, twee voertuie, selfone en ‘n kamera beslag gelê.
Die operasie is vanoggend uitgevoer.
Die verdagtes is in die Wes-Kaap en Namakwa gebiede onderskeidelik in hegtenis geneem.
Al elf verdagtes sal môre in die Springbok Landroshof verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
