On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Sol Plaatje-bedrog: Nege beskuldigdes sal in hof verskyn

───   14:51 Tue, 30 Mar 2021

Sol Plaatje-bedrog: Nege beskuldigdes sal in hof verskyn  | News Article

Nege mense gaan in die landdroshof in Kimberley verskyn nadat spookwerkers tussen 2011 en 2016 op die Sol Plaatje Munisipaliteit se databasis geskep is en die munisipaliteit só van R1,6 miljoen bedrieg is.

Die verdagtes is onder meer in Kuruman en Kimberley deur die Valke in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en geldwassery. 

Beauty Kilelo (40), Paul Mokoena (50), Oratile Schoeman (32), Charles Ndebele (51), Tjetjepa Motaung (46), Jacqueline Tshilo (44), Mandy Ntshoe (36), Laban Ntshoe (37), en Eveline Makaloi (60) het reeds hulle eerste verskyning in die hof gemaak en sal volgens Nomthandazo Mnisi van die Valke in die Noord-Kaap weer in die hof verskyn. 

Die verdagtes het verskeie bankrekeninge gebruik om die geld in oor te plaas vanuit Sol Plaatje se bankrekening. 

Mnisi sê die beskuldigdes is voormalige werknemers van die munisipaliteit, waarvan sommige ontslaan is. Alle beskuldigdes bly in aanhouding totdat hulle die 22ste April vanjaar weer in die hof verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.