Central SA
#CoronavirusFS: Hoogste sterftes landswynd vir dag─── 06:55 Wed, 07 Apr 2021

Altesaam 437 nuwe gevalle en 37 Covid 19-verwante sterftes is in die afgelope 24-uur siklus aangemeld.
Daarvan was 16 in die Vrystaat, nege in Gauteng, agt in die Oos-Kaap en vier in die Wes-Kaap.
Die SABC berig die totale aantal sterftes weens die coronaviruspandemie is nou 53-duisend-32.
Bykans een miljoen-480-duisend mense het reeds van Covid 19 herstel. Die herstelkoers staan steeds op 95 persent. Altesaam 272-duisend-438 gesondheidswerkers is tot dusver ingeënt.
SABC-nuus