Central SA
Waterveiligheidsdemonstrasies in ZF Mcgawu─── 15:44 Fri, 09 Apr 2021
Polisieduikers het die afgelope week verskeie waterveiligheidsdemonstrasies by skole regoor die ZF Mcgawu streek in die Noord-Kaap aangebied.
Die polisie se Masay Gamieldien sê besoek is afgelê aan onder meer 'n skool by Groenwater, waar leerlinge ingelig is oor die gevare wat water inhou.
Sy sê die meeste verdrinkings in die provinsie tot op hede dié van kinders - daarom die besluit.
Die polisie het verskeie eenhede byeengebring vir die bewusmakingsveldtog. Gamieldien sê hulle benodig die gemeenskap se samewerking om waterveiligheid te bevorder.
Sy sê kinders moet van 'n jong ouderdom af oor die gevare van water ingelig word.
OFM-nuus/Roderick Titus
