On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Plaaslike entrepreneurs kry steun in NK

───   14:58 Fri, 16 Apr 2021

Plaaslike entrepreneurs kry steun in NK | News Article

Die Noord-Kaapse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme het R75 miljoen opsygesit om klein ondernemings in swart besit in die provinsie te ondersteun.

Die departement se Ali Diteme sê die doel van die gevestigde Northern Cape Blended SMME Fund is om befondsing aan plaaslike entrepreneurs in alle sektore van die ekonomie in die provinsie te steun. Die departement het hiervoor R30 miljoen tot die vennootskap bygedra wat gebruik sal word vir nie-terugbetaalbare toelaes van tot R4 miljoen per transaksie. 

Diteme sê ‘n onderneming moet 60 persent van die NEF se leningsgedeelte terugbetaal. Ondernemings wat hiervoor in aanmerking kom, moet aan ’n swart meerderheidseienaarskap-kriteria voldoen en veral vroue word aangemoedig om hiervoor aansoek te doen. 


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.