Central SA
NK motoris verongeluk weens sprinkaanplaag─── 11:39 Mon, 19 Apr 2021
'n Motoris in die Noord-Kaap is dood toe hy na bewering as gevolg van die sprinkaanplaag beheer oor sy voertuig verloor het.
Die polisie in die provinsie sê die voorval het naby Leerkrans buite Groblershoop plaasgevind.
Hulle het intussen motoriste gewaarsku om versigtig te bestuur in gebiede wat deur die plaag gesteister word. Die departement van landbou se Zandisile Lupahla sê hulle werk hard daaraan om die plaag onder beheer te bring. Die vermoede is dat die sprinkane vanuit Namibië die Noord-Kaap binnekom.
OFM News/Roderick Titus
