On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

#Covid19: Vakbonde wil deel van gesprek oor skoolbywoning wees

───   15:40 Tue, 20 Apr 2021

#Covid19: Vakbonde wil deel van gesprek oor skoolbywoning wees | News Article

Onderwysvakbonde het aangedui hulle wil deel wees van die Departement van Onderwys se gesprek oor of 100% skoolbywoning ingestel gaan word te midde van die pandemie al dan nie.

Die vakbond Naptosa meen die teenwoordigheid van vakbonde is van kardinale belang omdat hulle lede die einste onderwysers is wat met die vol klasse gaan sit terwyl sommige steeds uitdagings by skole ervaar, soos 'n tekort aan water, behoorlike sanitasiegeriewe, asook persoonlike beskermingstoerusting. 

Die Departement van Basiese Onderwys se Direkteur-Generaal, Mathanzima Mweli, sê provinsiale hoofde sal byeenkom tydens die departement se jaarlikse werksessies, waar die besluit oorweeg sal word. 

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, sê intussen dat die departement gelei gaan word deur gesondheidskenners en dat die meeste openbare skole tans 'n wisselplan volg, wat as die hibriede model bekend staan, waarvolgens leerders twee dae in een week en drie dae in die daaropvolgende week klasse bywoon. Dit word gedoen ter wille van sosiale distansiëring om die verspreiding van die koronavirus te voorkom. Basil Manuel van Naptosa sê die kwessie van voltydse leer is meer ingewikkeld aangesien 'n aantal faktore in ag geneem behoort te word, ondanks die feit dat vakbonde erken dat baie waardige lestyd tans verlore gaan. 

Hy sê gesondheid en veiligheid by skole bly die norm en vakbonde sal hierby staan om sowel lede as leerders veiligheid te verseker. 


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.