On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfonteiners gewaarsku ná hoë voorkoms van dodelike slange

───   13:13 Wed, 21 Apr 2021

Bloemfonteiners gewaarsku ná hoë voorkoms van dodelike slange | News Article
PHOTO: Herald Live

Bloemfonteiners word gewaarsku om versigtig te wees weens die hoë voorkoms van pofadder-bytgevalle die afgelope week.

'n Dierekliniek in die stad sê dat hulle in die afgelope week talle gevalle gehad het waar troeteldiere deur hierdie uiters giftige slang gebyt is.

'n Inwoner in Bayswater waarsku inwoners in die gebied om hul tuine skoon te hou en so gou as moontlik afval te verwyder, om sodoende te verhoed dat hulle hierdie slange lok. Volgens die inwoner moes hulle hul hond laat behandel teen 'n dodelike poffaderbyt. Die teengif het R2700 gekos en verseker nie eens oorlewing nie. In 'n onderhoud met OFM-nuus sê Volker Metz, veearts by Fichardtpark Dierekliniek in Bloemfontein, hulle het verlede week sewe pofadder-bytgevalle gehad, en vandeesweek drie.

Metz sê pofadders het ‘n weefselgif, met ander woorde dit tas jou weefsel aan, so jou weefsel gaan dood. Jou sisteem raak toksies en jy kan sterf. Hy sê afhangend van die hoeveelheid gif, van waar jy gebyt is en hoe vinnig jou sirkulasie is, kan dit dodelik wees. Hy het afgesluit deur te sê die meeste honde wat deur hierdie slange gebyt word, kom van buite Bloemfontein af, en binne 'n uur of twee sterf hulle weens die gifsirkulasie.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.