On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Onderwys probeer dooiepunt by NK-skool oplos

───   14:18 Fri, 23 Apr 2021

Onderwys probeer dooiepunt by NK-skool oplos | News Article

Die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap se Geoffrey van der Merwe sê die skoolhoof van die Hoërskool Tlwahalang in Jan Kempdorp, sal by die huis bly totdat die departement die dooiepunt tussen die ouers en die skool kan besleg.


Die skoolhoof is vroeër deur ouers verhoed om die skoolterrein te betree.

Ouers het 'n memorandum op 13 April vanjaar aan die departement oorhandig, waarin hulle onder meer eis dat 'n nuwe hoof aangestel word. Van der Merwe sê die distrikskantoor in die Frances Baard-streek is in gesprek met ouers om die situasie by die skool op te los.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.