Central SA
Bloemfontein veldbrande onder beheer─── 13:08 Mon, 26 Apr 2021
Veldbrande in die Heuwelsig en Rayton-gebiede in Bloemfontein is vroeër onder beheer gebring.
Volgens 'n inwoner in die Rayton-omgewing, Jacques Minaar, het twee brande vanoggend van 11:00 af gewoed.
Minaar vertel verder aan OFM Nuus dat die vlamme hul huise genader het, maar danksy die plaaslike brandweer enige skade verhoed.
In 'n onderhoud met OFM Nuus sê die Vrystaatse sambreelliggaam van brandbeskermingsverenigings se Johann Breytenbach daar was oeerhede op die toneel, maar hy kon nie bevestig wat die oorsaak was nie.
OFM-nuus/Blaine Jones
