Central SA
Nege betogers by Kimberley aangekeer─── 11:22 Wed, 28 Apr 2021
Nege mense is by Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat 'n groep van nagenoeg 250 mense vroeg Woensdagoggend die polisie met klippe bestook en 'n vragmotor op die N8 tussen Bloemfontein en Kimberley aan die brand gesteek het.
Luitenant-kolonel Dimakatso Mooi sê die Openbare Orde-eenheid van die polisie, vergesel deur die misdaadvoorkomingseenheid, kon die skare uiteenjaag, waarna die betogings na Greenpoint en Roodepan uitgebrei het.
Mooi sê die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal later Woensdag op aanklagte van openbare geweld in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die polisie monitor die situasie terwyl motoriste aangesê is om ten alle tye op hulle hoede te wees.
OFM-nuus/Roderick Titus
