On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Diensleweringsbetoging in Prieska

───   11:43 Thu, 29 Apr 2021

Diensleweringsbetoging in Prieska | News Article

Inwoners van Prieska in die Noord-Kaap het vroeg vanoggend die strate ingevaar om teen swak dienslewering in die gebied te betoog.

Daar is 'n sterk polisieteenwoordigheid in die omgewing waar paaie met brandende bande en klippe versper is. 

Die situasie in Kimberley, asook Warrenton, is intussen kalm nadat inwoners sedert verlede week paaie ontoeganklik gemaak het. 

Die polisie se Openbare Orde-eenheid sê hulle hou tans die betogings in Prieska dop, te midde van gerugte dat dit later vandag na Colesberg kan oorspoel. 

OFM-nuus het vroeër berig die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, het tydens Vryheidsdagvieringe inwoners gevra om sy administrasie kans te gee om die diensleweringskwessies aan te spreek. 

Intussen is motoriste in die Prieska-omgewing gevra om versigtig te wees.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.