Central SA
Groot getal gastehuise in Rosestad te koop─── CATHY DLODLO 11:39 Tue, 04 May 2021
‘n Groot getal gastehuise – na beraming meer as 20 – is die afgelope twee dae deur 'n eiendomsagentskap in Bloemfontein as te koop aangebied.
Indien ander eiendomme soos wildsplase in dieselfde munisipale gebied ingesluit word, is die getal soveel hoër.
‘n Eiensdomsagent in die stad, Dimitri Carson van Edric Trust Eiendomme, sê die toerismebedryf, sportgeleenthede, konferensies en seminaars is tydens die nasionale inperking weens die Covid-19 pandemie op verskeie vlakke tot stilstand geruk. Sulke geleenthede lok gewoonlik besoekers na die stad, wat die voedingsaar vir gastehuise is.
Nog ‘n agent in die Rosestad, Inus Fourie van Pam Golding Eiendomme, het aan OFM-nuus bevestig dat altesaam sewe gastehuise by hom gelys is. Baie van die eiendomme wat aangebied word, is onder meer in Pellissier, Bayswater, Brandwag en Universitas geleë. Fourie sê die feit dat meer gastehuise in die mark is, kan toegeskryf word aan die nagevolge van die Covid-19 pandemie.
OFM-nuus