On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

ANC in NW gekant teen skorsing van #Magashule

───   08:17 Thu, 06 May 2021

ANC in NW gekant teen skorsing van #Magashule | News Article

ANC-lede van 35 takke in die Mahikeng-substreek in Noordwes, het hulle skerp uitgespreek teen die skorsing van die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule.

Sy onmiddellike skorsing het Woensdag in werking getree. ‘n Jeugliga-leier in die Ngaka Modiri Molema-streek, Koketso Moiloa, het namens die takke gesê die ANC-president, Cyril Ramaphosa moet die skuld kry vir Magashule se skorsing – wat slegs op bewerings gegrond is. 

Hy sê Ramaphosa moet uit die ANC padgee. 

Die SABC berig Moiloa sê die ANC se grondwet kan nie verhewe wees bo die grondwet van die land nie. Magashule is tans uit op borgtog in ‘n saak in die Hooggeregshof in Bloemfontein waar hy saam met ander mede-beskuldigdes aangekla word van korrupsie, bedrog en geldwassery. Dit hou verband met ‘n asbesdak-tender van miljoene rande tydens sy destydse ampstermyn as premier. 

Die woordvoerder van die tussentydse provinsiale komitee, Kenny Morolong, het ‘n skerp waarskuwing gerig aan partylede wat hy sê onverantwoordelike opmerkings maak. Morolong sê die ANC se grondwet bepaal dat elke lid met dissipline moet optree en die besluite van die meerderheid en hoër liggame moet uitvoer. Hy sê hulle gaan nie toelaat dat die ANC van binne verswak word nie.


SABC-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.