On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

SUT bekroon jong entrepreneurs

───   12:55 Mon, 10 May 2021

SUT bekroon jong entrepreneurs | News Article
Mia Olivier

Jong entrepreneurs van Bloemfontein, Vrystaat, het aan almal bewys dat ouderdom bloot net 'n nommer is.

In die 2021 Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Entrepreneuriese Matrikulant van die Jaar-kompetisie, het die wenner van die kompetisie, Mia Olivier, van die Hoër Meisieskool Oranje vertel hoe haar opsommings verlede jaar tot 'n suksesvolle besigheid gelei het. 

Olivier het die afgelope naweek by die hotelskool se atrium kontant ter waarde van R20 000 gewen, asook 'n beurs wat die hele duur van haar studies en verblyf aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (CUT) sal dek. Olivier sê verder sy verskaf nou haar opsommingsdienste landwyd.

“My idee wat ek laasjaar begin het - 'n opsommingsbesigheid waar ek Hoërskool-opsommings, wat 'n aanlyn-besigheid is, digitaal aan mense verkoop sodat hulle akademie kan verbeter. Die opsommings is óf digitaal óf geskrewe, maar alles word per epos deurgestuur,” sê Olivier.“ Dit het by my skool begin, maar toe brei ek dit uit omdat dit aanlyn is. So regdeur Suid-Afrika koop mense die opsommings,” sê sy.

Olivier sê verder sy moes haar vriende betrek omdat sy nie al die vakke het nie. "Ons het 'n verskeidenheid vakke, en teen 'n prys van R200 kan kliënte die hele jaar se werk kry," verduidelik sy. Sy sê met die geld wil sy graag nuwe tegnologie of enigiets koop wat haar sal toelaat om haar besigheid uit te brei.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.