On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Jong Bfn-entrepreneur teiken plaasmisdaad

───   12:36 Tue, 11 May 2021

Jong Bfn-entrepreneur teiken plaasmisdaad | News Article
Mia Olivier van Oranje Meisieskool het die eerste plek gewen, met 'n kontantprys van R20 000. Neo Mvambi van Eunice was tweede (R15 500), Willie Pretorius van Hoërskool Sentraal derde (R12 000), Sebastian Meyer vierde (R8 500), en Chantel Chimbunde van St Joseph’s CBC vyfde (R5 000). FOTO: Facebook

'n Bloemfonteinse skolier en entrepreneur glo hy het die moontlike antwoord om misdaad op plase te voorkom.

Willie Pretorius, ‘n matrikulant van Hoërskool Sentraal in Bloemfontein, Vrystaat, sê sy besigheid is gefokus op die bekamping van misdaad op plase deur 'n semi-koeëlvaste kamera te skep wat beweging in die omgewing identifiseer. Pretorius was 'n finalis in die 2021 Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Entrepreneuriese Matrikulant van die Jaar-kompetisie. Pretorius vertel dat hy sy besigheid wil uitbrei met die R12 000-kontantprys wat hy gewen het.

"Dit is basies 'n sekuriteitskamera vir boere. Die buitekant is oorgetrek met spesiale plastiek wat dit semi-koeëlvas maak. In die kamera self, is daar klein sonpaneeltjies [wat dit onafhanklik as 'n eenheid laat funksioneer]. Daar is spesiale programmatuur wat geskryf is, in die kamera, om mense te identifiseer wat binne die visier is. So, as daar 'n skelm in jou erf inbreek, dan gaan die kamera kan sien daar is 'n mens en sal dit die alarm laat afgaan. Die kamera self het 'n simkaart wat deur jou foon beheer kan word," verduidelik Pretorius.

OFM-nuus het voorheen berig oor die wenner van die kompetisie, Mia Olivier, van die Hoër Meisieskool Oranje, wat die afgelope naweek by die hotelskool se atrium kontant ter waarde van R20 000 gewen het, asook 'n beurs wat die hele duur van haar studies en verblyf aan die SUT sal dek.


OFM-nuus/Blaine Jones



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.