On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse sonkragprojek sal werk skep

───   14:41 Thu, 13 May 2021

Noord-Kaapse sonkragprojek sal werk skep | News Article

'n Sonkrag toring ter waarde van R11,6 biljoen gaan oor 'n tydperk van 33 maande in die Noord-Kaap opgerig word.

Die Redstone CSP Projek sal 30km oos van Postmasburg gebou word, en werk aan die plaaslike gemeenskap verskaf.

 Die toring sal sonkrag genereer met behulp van spieëls. 

Die projek maak deel uit van Auid-Afrika se onafhanklike kragvoorsieningsprogram vir hernubare energie. 

Shaun Moodley, uitvoerende hoof van Hulpbronne en Projekbestuur by Absa, wat die projek vir 'n Saoedi-Arabiese maatskappy sal finansier, sê meer as 2 560 werksgeleenthede sal vir die projek se duur geskep word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.