On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Gebedskamer by Bfn-skool help gemeenskap - VIDEO

───   13:26 Fri, 21 May 2021

Gebedskamer by Bfn-skool help gemeenskap - VIDEO | News Article

‘n Spesiale gebedskamer by die Heide Primêre Skool in Bloemfontein word nou deur lede van die gemeenskap benut wat treur oor ‘n skoolseun se dood.

Die 14-jarige Liam Siegel, wat tydens gewelddadige betogings in Bloemfontein doodgeskiet is, se skool het aan OFM-nuus gesê sy dood was ‘n groot slag vir die gemeenskap. Die skoolhoof, John Page, sê die gebedskamer is in Augustus 2019 begin en is oop vir die hele gemeenskap van agt-uur in die oggend tot drie-uur in die middag. Page voeg verder by dat die punt van die gebedskamer is om die gemeenskap te betrek weens die vele sosiale probleme in die gemeenskap.

“Voor Covid het tussen 250 tot 300 leerders gebruik gemaak van die gebedskamer. Soms het ons ook die gebedskamer gebruik as ons dissiplinêre verhore gehad het, en in plaas daarvan om leerders te skors, sou hulle vir twee weke strafpouses in die gebedskamer deurbring en ek moet sê dit het 'n groot verandering in ons leerders gemaak,” voeg Page by.

Page beskryf Liam as 'n introvert, op sy plek en dat hy nooit onbeskof met die onderwysers was nie. Page doen 'n beroep op die gemeenskap om van die gebedskamer gebruik te maak.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.